2016

The Historical Association of South Africa Biennial Conference

23-25 June 2016

Proudly hosted by the

North-West University, Vaal Triangle Campus

Riverside Sun Hotel, Vanderbijlpark, South Africa 

Bridging the disciplinary divide: New routes to understanding the South African past?

CLICK HERE TO DOWNLOAD THE HASA 2016 CFP AS A PDF FILE

Are there different routes to comprehending the South African past?

To what extent are the conventional practices in historical research relevant to our understanding of the complex past issues facing South African society? And, how do we engage with those views in the present and the future?

Is it not time for historians of culture, society, identity, politics, economics, philosophy, the environment, warfare and the self, to collectively engage in discussion? Would it not also be worth engaging with intellectual historians and historians of science?

Collaboratively they may be in a favourable position to deliberate with historically engaged scholars in fields related, or far distant, from historical studies.

Is there a need for historians to move out of their comfort zone? Or does the discipline have sufficient resilience to stand the test of time and still prove itself useful in the era of 21st century globalisation, increasing communication, social networking and virtual (spatial) and temporal consciousness.

How does history stand up to the test of time in comprehending contemporary challenges of real-time change and the demand of society for providing an account of how we have reached the point we are at in the present?

Historians, as well as specialists in in a variety of related study fields are constantly faced with reframing the past to provide lucid insights on the present and the future.

A salient theme of the conference is to contemplate strategies to engage with new and different views of the past.

It would also be worthwhile securing participation from non-historians working in disciplines, foreign to history.

A critical engagement could lead to new insights and potential collaboration that could lead to bridging the disciplinary divide.

Above all, for those adventurous spirits who would like to experiment in the field of history, there should be an opportunity to share their views.

The conference is, above all, an opportunity for historians who specialise in multi-facetted and varied fields of South Africa’s past to continue their deliberations and engagement in an atmosphere conducive to fine academic discourse.

  CONFERENCE DETAILS

Proposals for paper presentations, workshops, interactive sessions, posters/exhibitions are invited to the 2016 HASA conference.

Apart from the leading question posed the conference will address a range of critically important themes in the various history related fields.

The purpose of the conference is to attract scholars and researchers from a variety of disciplines and to bring together a cohort of established and emerging researchers in one assembly to deliberate on topics related to the theme and sub-themes.

 AIMS OF THE CONFERENCE

The aims of the conference include:

  • continue with discussions in all the relevant fields of South African history currently under investigation;
  • establishing a platform for constructive academic deliberation on the South African past, present and future;
  • opening up collaborative fields of scholarly discussion and contemplation across disciplines;
  • accommodating specialists in a variety of specialised areas of historical studies to share their insights on subject matters;
  • creating an environment for collaborative engagement between young and experienced scholars;
  • promote the objectives of the Historical Association of South Africa that aim at promoting the constructive pursuit of history in all its diversity.

SUB-THEMES OF THE CONFERENCE

Sub-themes include, but are not confined to the following areas, related to the history of South Africa in the fields of:

  • Multi-, inter- and transdisciplinary research
  • Social history
  • Contemporary history
  • Family history/genealogy
  • Environmental history
  • Intellectual history
  • History of Science
  • Cultural history
  • Water history
  • Military history
  • Theory of history
  • Philosophy of history
  • Methodology of history

Konferensie van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika

23–25 Junie 2016

Gasheer:

Noordwes-Universiteit, Vaal Driehoekkampus

Riverside Sun Hotel, Vanderbijlpark, Suid-Afrika

Oorbrugging van die dissiplinêre verdelingslyn: Bestaan nuwe roetes vir begrip oor die Suid-Afrikaanse verlede?

KLIEK OP DIE SKAKEL OM DIE HGSA 2016 OPROEP VIR REFERATE IN PDF FORMAAT AF TE LAAI

KORT OORSIG

Is daar verskillende roetes wat kan lei tot ‘n beter begrip van die Suid-Afrikaanse verlede?

Tot watter mate is konvensionele praktyke in historiese navorsing relevant tot ons insig op die komplekse geskiedkundige kwessies wat die Suid-Afrikaanse samelewing in die gesig staar? En, hoe spreek ons met dié insigte die hede en die toekoms aan?

Is dit nie tyd vir historici van kultuur, samelewing, identiteit, politiek, ekonomie, filosofie, die omgewing, oorlogvoering en die self, om gesamentlik in gesprek te tree nie? Sou dit nie ook die moeite werd wees om met intellektuele historici en historici van wetenskap betrokke te raak nie?

Gesamentlik mag hulle in ‘n gunstige posisie wees om te beraadslaag met histories-betrokke kundiges in verwante dissiplines, of dié wat ver van historiese studies verwyder is.

Bestaan daar ‘n behoefte vir historici om uit hul gemaksone te beweeg? Of besit die dissipline voldoende diepte om die toets van die tyd te weerstaan en steeds te handhaaf in die era van die 21ste eeuse prosesse van globalisering, verhoogde vlakke van kommunikasie, sosiale netwerke en virtuele tydruimtelie bewussyn.

Hoe deurstaan geskiedenis die toets van die tyd met betrekking tot kontemporêre uitdagings wat ‘n vraag stel aan die verstaan van dit wat verband hou met vinnige verandering. Die samelewing vra duidelik vir rekenskap en leiding van historici oor hoe ons die hede kan verantwoord?

Historici en spesialiste in ‘n verskeidenheid studierigtings, word voortdurend gekonfronteer met die hersiening van die verlede om helder insigte oor die hede en die toekoms te ontgin.

‘n Belangrike tema van die konferensie is om strategieë te oorweeg wat verband hou met nuwe en verskillende menings oor die verlede.

Dit sou ook die moeite werd wees om deelname van nie-geskiedkundiges te kry wat in dissiplines werk wat verwyderd staam van die geskiedenis.

‘n Kritiese betrokkenheid kan lei tot nuwe insigte en moontlike samewerking wat tot die oorbrugging van verdelingslyne aanleiding kan gee.

Vir avontuurlustiges wat wil eksperimenteer op die terrein van die geskiedenis, behoort daar ‘n geleentheid te wees om hul insigte te deel.

Die konferensie is bowenal ‘n geleentheid vir historici wat spesialiseer op die bekende ndersoekvelde van van die Suid-Afrikaanse geskiedenis om hul onderlinge beraadslagings voort te sit in ‘n atmosfeer wat bevorderlik is vir goeie akademiese diskoers.

 DIE KONFERENSIE SE BESONDERHEDE

Voorstelle vir referate, werkswinkels, interaktiewe sessies en plakkate/uitstallings word genooi na die 2016 HASA-konferensie.

‘n Verskeidenheid kritiese en belangrike temas oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sal aangespreek word.

Die doel van die konferensie is om studente en ervare kundiges met mekaar in aanraking te bring. Sodoende kan gevestigde en opkomende navorsers die geleentheid kry om konstruktiewe gesprek oor relevante aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis te voer.

 DIE KONFERENSIE SE DOEL

Die konferensie se doelwitte sluit in:

  • om voort te gaan met gesprekke in al die relevante velde van Suid-Afrikaanse geskiedenis wat tans ondersoek word;
  • die grondlegging van ‘n platform vir konstruktiewe akademiese beraadslaging oor die Suid-Afrikaanse verlede, hede en toekoms;
  • om gemeenskaplike velde van wetenskaplike gesprekvoering en nadenke oor dissiplines oop te maak;
  • om spesialiste in ‘n verskeidenheid spesialiteitsvelde van historiese studies te akkommodeer om hul insigte te deel;
  • om ‘n omgewing vir samewerkende betrokkenheid tussen die jong en ervare geleerdes te skep; en
  • om die doelwitte van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika te bevorder, wat daarop gemik is op die konstruktiewe strewe van die geskiedenis in al sy diversiteit te bevorder.

DIE KONFERENSIE SE SUB-TEMAS

Sub-temas sluit in, maar is nie beperk, tot die volgende gebiede nie, wat op die geskiedenis van Suid-Afrika van toepassing is:

  • Multi-, inter- en transdissiplinêre navorsing
  • Sosiale geskiedenis
  • Kontemporêre geskiedenis
  • Familiegeskiedenis / genealogie
  • Omgewingsgeskiedenis
  • Intellektuele geskiedenis
  • Geskiedenis van die Wetenskap
  • Kulturele geskiedenis
  • Water geskiedenis
  • Militêre geskiedenis
  • Teorie van geskiedenis
  • Filosofie van die geskiedenis
  • Metodologie van geskiedenis